Skuldinvordering sagteware vir gebruik in Suid-Afrika
Click here for the English language version of this page Kry jou geld vinnig en maklik terug Mooi man. Nou kan ons sommer padlangs in ons moedertaal gesels. Ek was self in die kontant uitleen besigheid en het hierdie stukkie sagteware self ontwerp in die "Excel" spreiblad program. Dit werk toe so goed dat ek die skuldinvordering later ook vir ander besighede begin doen. Iets wat my nogal opgeval het in hierdie kontant uitleen besigheid, is dat 95% van die eienaars Afrikaners is. Die produk wat ek hier verkoop vergemaklik die verwerking en vrystelling van die nodige wetlike dokumente, wat deur die hof vereis word. Dit is 'n alleenstaande program en benut die prosedures onder artikel 57 van Wet nommer 32 van 1944 van toepassing op Landdroshowe. Nadat jy die besonderhede van die ou wat jou geld skuld ingepons het, druk jy net 'n knoppie op jou sleutelbord en siedaar .. die volledige en netjiese hofdokumente beland soos blits in die houer van jou rekenaardrukker, reg om by die hof ingehandig te word. Die rente oor die afbetalingsperiode is ook reeds klaar op die dokumete ingereken. Dit werk soos 'n droom. Hoekom wil jy ander ouens betaal om dit vir jou te doen? Spaar eerder die maandelikse prokureurskoste en voeg boonop jou eie invorderingsfooie by. Dit kom neer op 'n dubbele besparing of ekstra inkomste. Die gebruik van hierdie program gee jou die gevoel, dat jy soos 'n towenaar besig is om 'n towerkuns op te tower; nie net met die uitdruk van die dokumente nie, maar ook met die uitstaande skuld wat ewe skielik na jou bank begin vloei. Begin jou eie invorderingsbesigheid met hierdie program. Vorder ander ouens se geld vir hulle in en verdien 'n persentasie daarop vir jou eie sak, net soos ek tot dusver gedoen het.
Hierdie produk is goud werd vir enige persoon wat moet geld invorder. Dit spaar vir jou geld, dit maak vir jou geld en dit bring jou uitstaande skuld vinniger terug. Die lae prys van slegs R990.00 is niksseggend, as jy in aanmerking neem wat dit vir jou teruggee. As jy te lank wag met die ouens wat jou geld skuld, verdwyn hulle van die aardbol af. Jy moet jou geld so gou as moontlik begin terugvorder. Hierdie program plaas jou in volle beheer oor hoe en wanneer jy dit wil doen en bevry jou van ander se gesloer. Binne die program sal jy ook uitvind hoe om jouself te verskans teen administrasiebevele. Daar is mos deesdae die ouens wat met voorbedagte rade jou geld met opset kom steel en hulle dan self onder administrasie laat plaas, sodat hulle jou nie hoef terug te betaal nie. Die program bestaan uit die volgende bladsye: Spesiaal ontwerp vir Suid-Afrikaanse toestande deur 'n Afrikaner wat verstaan
Jou Bestelling Indien dit jou bedoeling is om werkgewers te verplig, om skuld vanaf werknemers se salarisse te verhaal, vir skuldverhaling aan jou organisasie, is hierdie sagteware die ware Jakop. Die prys is $140,00 VSD, deur Clickbank of Paypal op 100% veilige rekenaarbedieners, waar jou persoonlike besonderhede doodveilig is. Koop aan vanaf hierdie bladsy. "n Demonstrasie weergawe is ook hier beskikbaar. Aflewering is onmiddelik na betaling op die net, per aflaai van die produk na jou hardeskyf. 56 dae geld terug waarborg Verkoopsagent ProgramIndien jy hierdie produk wil adverteer op die internet en met e-pos en 50% kommissie verdien deur Clickbank, sal jy die besonderhede daarvoor ook kry op hierdie bladsy. KontakbesonderhedeStraatadres: Uitspan Rylaan 199, Bendor Park, Polokwane, 0700, Limpopo Provinsie, Suid- Afrika; Faksnommer: 015-2960614; Selfoon: 0844264496
|