Sien my profiel hier

skuldinvordering sagteware aanhef beeld

Skuldinvordering sagteware vir skuldverhaling in Suid-Afrika

skuldinvordering sagteware e-doos

Click here for the English language version of this page

Kry jou geld vinnig en maklik terug.

Mooi man. Nou kan ons sommer padlangs in ons moedertaal gesels. Ek was self in die kontant uitleen besigheid en het hierdie stukkie sagteware self ontwerp in die "Excel" spreiblad program. Dit werk toe so goed dat ek die skuldinvordering later ook vir ander besighede begin doen. Iets wat my nogal opgeval het in hierdie kontant uitleen besigheid, is dat 95% van die eienaars Afrikaners is.

Die produk wat ek hier verkoop vergemaklik die verwerking en vrystelling van die nodige wetlike dokumente, wat deur die hof vereis word. Dit is 'n alleenstaande program en benut die prosedures onder artikel 57 van Wet nommer 32 van 1944 van toepassing op Landdroshowe. Nadat jy die besonderhede van die ou wat jou geld skuld ingepons het, druk jy net 'n knoppie op jou sleutelbord en siedaar .. die volledige en netjiese hofdokumente beland soos blits in die houer van jou rekenaardrukker, reg om by die hof ingehandig te word. Die rente oor die afbetalingsperiode is ook reeds klaar op die dokumete ingereken.

Dit werk soos 'n droom. Hoekom wil jy ander ouens betaal om dit vir jou te doen? Spaar eerder die maandelikse prokureurskoste en voeg boonop jou eie invorderingsfooie by. Dit kom neer op 'n dubbele besparing of ekstra inkomste. Die gebruik van hierdie program gee jou die gevoel, dat jy soos 'n towenaar besig is om 'n towerkuns op te tower; nie net met die uitdruk van die dokumente nie, maar ook met die uitstaande skuld wat ewe skielik na jou bank begin vloei.

Die sagteware program is vars opgedateer om voorsiening te maak vir nuwe wette en Landdroshowe se vereistes.

Begin jou eie invorderingsbesigheid met hierdie program. Vorder ander ouens se geld vir hulle in en verdien 'n persentasie daarop vir jou eie sak, net soos ek tot dusver gedoen het.

skuldinvordering mier beeld van program

Hierdie produk is goud werd vir enige persoon wat moet geld invorder. Dit spaar vir jou geld, dit maak vir jou geld en dit bring jou uitstaande skuld vinniger terug. Die lae prys van minder as R2000.00 is niksseggend, as jy in aanmerking neem wat dit vir jou teruggee. As jy te lank wag met die ouens wat jou geld skuld, verdwyn hulle van die aardbol af. Jy moet jou geld so gou as moontlik begin terugvorder. Hierdie program plaas jou in volle beheer oor hoe en wanneer jy dit wil doen en bevry jou van ander se gesloer. Binne die program sal jy ook uitvind hoe om jouself te verskans teen administrasiebevele. Daar is mos deesdae die ouens wat met voorbedagte rade jou geld met opset kom steel en hulle dan self onder administrasie laat plaas, sodat hulle jou nie hoef terug te betaal nie.

Die program bestaan uit die volgende bladsye:
Verwelkoming - hier word al jou regte met die program uitgestippel
Invoer - hier word al die besonderhede ingevoer en hulp verduidelikings dieselfde tyd gegee
Berekeningsblad - hier word al die berekenings gewys vir toekomstige navrae
Hofdokument 1 - hofdokument 5A "Versoek tot Hofbevel"
Hofdokument 2 - "Paaiemente aanduidingsbevel" in terme van seksie 65(J)
Hofdokument 3 - Sertifikaat van korrekthied uitgereik deur jouself.

Kry jou demonstrasie weergawe, sonder makro opdragte. Om die xls program oop te maak, te lees en op hardeskyf te plaas Klik hier. Om die program af te laai Klik hier.

Spesiaal ontwerp vir Suid-Afrikaanse toestande deur 'n Afrikaner wat verstaan.

Watter tipe besighede kan hierdie sagteware gebruik?

  • Kontant Uitleenbesighede
  • Skuld Invorderingsagente
  • Prokureurs
  • Kredietverkope Kleinhandelaars

'n Vooraf getekende ooreenkoms aangaande die skuld, tussen die voorskieter en die skuldenaar, is 'n voorvereiste vir die stelsel om te werk. Dan werk dit soos 'n droom vir enige tipe van skuld. Dit sal egter nie werk vir Rekenmeester of Ouditeur firmas nie, aangesien hul gewoonlik nie ooreenkomste met kliënte het nie en hul kliente ook nie werknemers is nie, maar ander besighede.

U kan maar die getuigskrifte op die Engelse blad lees.

 

Beperking: Kopieregte word beperk tot een kopie per takkantoor. Die sagteware kan slegs vir een tak gebruik word. As u meer as een tak het, moet elke tak beskik oor 'n eie betaalde kopie.

Die sagteware outomatiseer alle berekenings en die uitdruk van klinkklare hofdokumente.

Ons voorsien ook gratis deurlopende hulp, opdaterings en advies. Verskeie belangrike wenke en behendighede uit ons lange ervaring, word ook ingesluit by die sagteware.

Jou Bestellingskeuses:

1. Met kontant deposito of elektroniese oordrag:

U kan kontant in my bankrekening inbetaal en die bewys daarvan aan my faks of e-pos.

In hierdie geval sal aflewering plaasvind per e-pos.

Faks bewys van betaling van R1500.00 na 086 620 4298, tesame met u e-pos adres:

Tjekrekeningnaam: P Du Plessis, Bank: FNB, Tak: 250655, Tjekrekeningnommer: 62278189892

Hierdie klein juweel van 'n produk, sal jou dag maak, elke dag!

skuldinvordering sagteware e-doos

Dit is belangrik om te onthou:

1. Die totale paaiement van al die skuld, kan nie meer as 25% van die netto salaris, na LBS-belasting en werkgewer aftrekkings vir 'n mediese fonds en pensioenfonds wees nie.

2. As jy die sagteware wil gebruik vir 'n kontant uitleenbesigheid, moet die rentekoers binne die voorgeskrewe perke wees soos bepaal deur die "Micro Finance Regulatory Council".

3. Om jouself en jou stelsel te beskerm, moet daar 'n getekende ooreenkoms bestaan by die toestaan van die lening, wat bepaal dat by nie-betaling deur die lener, kan jy binne 7 dae 'n hofbevel verkry.

4. Om jou in staat te stel om 'n skuldinvorderingsdiens te lewer aan ander maatskappye, moet jy eers registreer by die Raad van Skuldinvorderaars. Jy kan dit hier vind: http://www.debtcol-council.co.za/.

Hulle het hul eie regulasies met betrekking tot die bedrae wat jy kan eis. Wanneer jy hierdie diens lewer aan ander besighede, moet hulle ook 'n kontrak in plek hê, voor die krediet toegestaan word.

Jy mag hierdie diens lewer aan enige soort onderneming, wie bewys kan lewer van 'n getekende kontrak. U kan hierdie diens selfs aan Prokureurs lewer. Die rentekoers wat gehef word kan verskil van kontant uitleenkoerse. As dit nie 'n kontant uitleenbesigheid is waarvoor jy geld invorder nie, sal jy die voorgeskrewe tariewe vir finansiële instellings soos banke moet vra.

Jy kry jou invorderingsfooi, ongeag vir wie jy die invordering doen. Die sagteware maak voorsiening vir alle tipe besighede en rentekoerse voorgeskryf deur wetgewing.

5. Jou sagteware is 'n zip-lêer. As jy nog nie 'n zip fasilitiet het nie, kan jy dit gratis vind op die net. Daar is baie gratis beskikbaar. Wanneer jy die zip-lêer ontzip, sal dit 'n Microsoft Excel-lêer op jou hardeskyf plaas, wat deel is van die "Microsoft Suite" programme. As jy dit nie reeds het nie, kan jy die "Openoffice Suite" gratis aflaai..

6. Indien jy enige probleme kry soos per ongeluk inligting verloor, kan jy altyd die sagteware weer aanvra.

7. Wanneer die excel-lêer vir die eerste keer oopgemaak word, sal 'n venster verskyn waarin u gevra word om te kies tussen "disable macros" en "enable macros", kies dan asseblief "enable macros".

Ek hoop jy het baie pret en maak baie wins met hierdie klein, maar dodelik doeltreffende program.

Uitkontraktering

Alternatiewelik kan uitkontraktering van u skuldinvorderingsfunksie aan ons, teen geen fooie vir u, vir spoedige samewerking en aksie, 'n wyse besluit wees vir ware tyd- en geldbesparing.

Kontakbesonderhede

Straatadres: Ploverstraat 38, Kelvin Estates, Kempton Park, 1619, Gauteng, Suid- Afrika; TEL: 011-392 3559; Faksnommer: 011-392 3559; Selfoon: 079 311 6494

beste skuldinvordering sagteware vir verhaling van geld

Beste skuldinvordering sagteware vir skuldverhaling

  My status


Terms of Service and Refund Policy:

1. Terms of Service:

We sell and deliver mainly intangible digital products online in the form of software products and e-books. Our goods are immediately available for online download after successful payment.

2. Refund policy:

It is our opinion that the nature of digital goods are such that they cannot be returned. Likewise any refunds can be unfair as there does not exist any sure way to return digital goods as counter performance. In other words there does not exist a fair or satisfactory legal remedy for the seller. We will only consider refunds under very exceptional circumstances.

Sometimes we are bound by contrary policies of payment processors, in which case we may retard delivery of bonuses, updates or part of packages, until guaranteed refund periods expire. We may apply the same procedure for subscription payments over a period, in case future payments dry up for some or other reason.

Due to the nature of these digital products and our inability to retrieve possession of the digital products back from you, we will not be offering any refunds for any reason. We do apologize, but this is to prevent fraudulent purchasing of our product packages. Please be sure you really want this package prior to purchasing.

3. No refunds on this product:

Therefore, there will be no refunds for the purchase of this product.